Jis julle!

Op jou skerm sien jy die heel eerste Fuurhoutjie in die hele wêreld! Dit is ons eerste nuusbrief aan julle, ons gelukkige intekenaars :-) Ons het dit nog nooit gedoen nie... ek bedoel ons het nog nooit ’n nuusbrief uitgestuur nie.  Julle het dus ook nog nooit een ontvang van ons af nie.  Print hom sommer uit of bêre dit iewers op jou hardeskyf, want hierdie gaan nog africana word! OK, dalk is dit te melodramaties – maar dis anyways geskiedenis wat gemaak word.

Ons weet nie altyd lekker wat om vir julle te vertel nie. En dis nie dat ons niks het om te vertel nie, maar ons weet nie altyd wat julle net so opgewonde sal maak oor Flam soos wat ons is nie. Maar ons gaan hieronder ’n paar goed noem wat ons dink julle moet weet.  

Ons wil tog net noem dat ons nie vir onsself bestaan nie, maar vir julle. Flam is nie (net) ’n amptelike sinodale kommissie nie, ons glo Flam is ’n beweging, ’n community, van gelowiges vir wie praise en worship – en veral praise en worship in Afrikaans, belangrik is.  

Julle moet dus asseblief vir ons laat weet watter tipe goed julle graag meer van wil weet.  Stuur vir ons jou voorstelle na info@flam.co.za óf sluit aan by die ‘Flam’ groep op Facebook of tweet vir ons op twitter @Flampublishers.

Kom ons duik in...

     

LIEDJIESKRYF KOMPETISIE

Die Oostelike Sinode het ’n Liedjieskryfkompetisie gereël en Flam was die hoofborg van die kompetisie. Dankie vir almal wat ingeskryf het. Julle moet die kerkbode & www.flam.co.za dop hou.  Die wenner(s) word voor die einde van September aangekondig.  Ons is baie opgewonde oor al die songs wat ingekom het – en selfs al wen jou lied nie, is die kans nog steeds daar dat ons dit op ons website gaan plaas.

 
 
   

LIEDJIESKRYWERS

FLAM kom weer van 16-18 September in Wellington bymekaar.  Die van julle wat weet van amazing nuwe songs wat gemeentes net eenvoudig MOET sing, kan en moet asseblief vir ons daardie songs voorlê deur die woorde & drukke en ’n basiese opname (in mp3) formaat te stuur na info@flam.co.za. Dis die laaste keer die jaar wat FLAM bymekaar kom – stuur dus asb julle songs aan!

   

’N NUWE FLAM-CD IN 2010?

Alhoewel FLAM se hooffokus bladmusiek is, wil ons ook van ons musiek op CD aan julle beskikbaar stel. Dit wil wil lyk of die volgende FLAM CD wat kan verskyn ’n kinder CD sal wees. FLAM het kontak gemaak met Marcel Zimmer, ’n fantastiese musikant en liedjieskrywer van Nederland. Marcel se vrou, Lydia, is Afrikaanssprekend en hulle wou al lankal iets vir die Suid-Afrikaanse mark doen. Hulle skryf werklik goeie songs – veral hul kinderliedjies, glo ons, sal baie bruikbaar in ons gemeentes wees. Baie van die liedere is reeds op die website beskikbaar (Soek: Marcel Zimmer). Maar onderhandelings is reeds in ’n gevorderde stadium om ’n CD met sy liedjies uit te gee en die kans lyk goed dat dit die eerste produksie van FLAM Musiek Uitgewers kan wees. Marcel en Lydia wil selfs volgende jaar hier kom toer!

   

FERTEL ’N PêL

Soos jy nou al seker weet is die nuwe www.flam.co.za op 1 Augustus gelaunch!  Ons is baie opgewonde hieroor en dankie vir almal se goeie terugvoer en voorstelle.   Ons idee is dat www.flam.co.za ’n baie goeie hulpbron kan wees vir jou en jou gemeente se musiekbediening, so kom asb met voorstelle oor hoe ons julle kan help in jul gemeentes om geloofsgemeenskappe te vorm wat God aanbid in gees en in waarheid.  Vertel asseblief vir almal wat jy ken wat kan baat vind by www.flam.co.za – dit is absoluut gratis en verniet, so wat het ons om te verloor!

Oor die website wil ons net vinnig sê: Nee, daar is nêrens ’n knoppie waar jy vinnig alles kan aflaai nie. In die eerste plek is dit net hopeloos te veel – selfs met die beste en vinnigste ADSL gaan dit nie werk nie. En in die tweede plek wil ons graag weet watter liedere ‘werk’ en watter liedere gewild is en by wie. Ons wil hê jy moet elke nou en dan op die website rondspeel, luister na die nuwe liedjies (die Fars 5 is altyd die nuutste songs wat opgelaai is) en vir ons laat weet wat jy daarvan dink.

Wil julle nie sommer vir ons getuienisse stuur oor hoe ’n Flam-lied dalk vir ’n moment gesorg het in julle gemeente nie? Ons sal graag vir ander daarvan wil vertel.

   

Een laaste opmerking: hoekom word Flam en Fuurhoutjie en Fars5 en Kruisfuur en Kerksflam en Flammikidz met ’n F gespel? Ons wil weet, hoekom nie? Nee, Flam is NIE die een of ander akroniem nie – Flam is net dit: Fars, Frolike, Fantastiese en Freeslike lekker songs om te sing.

Faani